Hunkering na die Ses

Hunkering na die ses…`n musikale reis is `n produksie vir stem en klavier wat uitgevoer word deur die talentvolle sopraan Lynelle Kenned en die veelsydige bariton Clint Lesch met begeleiding deur die formidabele pianis Albert Combrink.
Die inhoud bestaan hoofsaaklik uit werke vanuit musiekblyspele en resoneer sterk met die temas wat regdeur die geskiedenis van Distrik 6 kenmerkend was. Dit spreek kwessies soos slawerny, burgerlike identiteits krisis, rasse spanning, verbode liefde en versoening aan in komposisies soos “We Kiss in a Shadow” uit The King and I, “Somewhere” en “Tonight” uit West Side Story. Daar word oomblikke van nostalgie vasgevang in “Once Upon Another Time” uit Love Never Dies asook in die Afrikaanse komposisies Mali, Die Slaaf se lied deur S. Le Roux Marais, Ek Wil Vir Jou deur Christa Steyn en Skemerhunkering deur Andre Strijdom wat die wese van Distrik 6 op `n eg Suid-Afrikaanse wyse vasvang. Die musikale items word met mekaar verbind deur uittreksels uit die gedigte Nothing`s Changed deur Tatamkulu Afrika en Moving Out deur James Matthews en verskaf sodoende dieper insig tot Distrik 6 en die mense wie daardeur geaffekteer is. Musiek vorm `n integrale deel van die geskiedenis van ons land. Dit kikker ons op in tye van moedeloosheid en bring oneindige vreugde.

28 April – 17:oo
30 April – 20:00
01 Mei – 11:00

Kaartjies: R110

Venue

District Six Museum Homecoming Centre.
15 Buitenkant Street
Cape Town Central
Latitude: -33.927724071823334
Longitude: 18.423670000000016

 

BESPREEK NOU: