Kalahari Restaurant Teater – George
Vrydag 1 Julie 2011
9 nm
Besprekings: Computicket of 044 874 5000
Kaartjies: R100

 

Bespreek ‘n tafel by die restaurant en eet ‘n heerlike maaltyd voor die vertoning.

 

Kort Pers Verklaring:
Music of the Nigh
t – Louise Howlet (sang) & Albert Combrink (Klavier) “Muisc of the Night” word aangebied deur veelsydige sopraan Louise Howlett en pianis Albert Combrink, ‘n program van verlore en nuutgevonde liefde, gevind in verskillende style en genres soos opera Broadway en jazz. Luisteraars mag haar herken as die aanbieder van die FMR-program For the Love of Opera en deur items uit hul onlangse CD-opname Night Sessions. Die CD word gereeld op radio gehoor. Musiek sluit in gunstelinge deur Lloyd-Webber & Sondheim. “As time goes by” en “Stardust” staan skouer aan skouer met beroemde Broadway treffers, in ‘n program wat ontwerp is om by all ouderdomme byval te vind. (Luister by www.albertcombrink.com)

Langer Pers Verklaring
“Music of the Night” is ‘n program van liedere geinspireer deur die nag – ‘n volle mengsel van bekende liedjies in verskillende style: Klassiek, Broadway, Opera en Jazz vloei gemaklik aaneen in uitvoerings deur Louise se unieke stem en Albert se charismatiese begeleidings. Hul intieme aanbiedings neem jou op ‘n reis duer musikale en persoonlike herhinderinge van liefde en die versugtings van die lewe. Louise het musiek gestudeer aan die Londense “College of Muisc” en het haar Kaapstad debuut gemaak saam met die Kaapstad Filharmoniese Orkes tydens die Kirstenbosch Millennium Konster. Haar passie vir Jazz en Musicals het haar bekend gemaak as die unieke “Singing Lady” wat in verskeie genres sukses behaal. Haar tweede CD “Night Sessions” saam met Albert Combrink, is onlangs uitgereik. Albert Combrink het ‘n M Mus in Klavier van Natal Universiteit ontvang, sowel as verskeie Lisensiaat diplomas van UNISA, in onderrig, opvoering en begeleiding (Cum Laude). Hy het reeds op 18 sy opname en concerto debuut gemaak saam met die Natal Filharmoniese orkes. Hy het naam gemaak in klassieke sowel as populere musiek. Hy is pianis van die CT Tango Ensemble wat onlangs benoem is vir ‘n SAMA Toekenning vir “Beste Instrumentele Album” vir sy CD “Tango Club”. (Luister by www.albertcombrink.com)

Redefine Boulevard (Old Game) York Street George 6530

GPS Koordinate vir die Kalahari Restaurant Teater:

33’58’18.12″S
22’26’42.42″E

Kaart beskikbaar HIER

Besoek Kalahari Teater se webwerf HIER