For an English Translation of this Press Release, click HERE.

“Night Sessions” CD Bekendstelling

Welbekende Kapstadse kunstenaars , sangeres Louise Howlett en pianis Albert Combrink stel hul nuwe CD Night Sessions bekend, op 7 Oktober by die Alliance Française, 55 Loop Straat, in Kaapstad, en by Die Boer Restaurant Teater, 6 Chenowith Straat in Durbanville, op 12 Oktober.

Night Sessions (Nag Sessies) is ‘n welgevulde 15-snit CD van tydlose juwele, opgeneem en geredigeer deur Duncan Mackay van Down South Recording.

Night Sessions neem luisteraars op ‘n reis geinspireer liedere van liefde, hartseer en hoop. Beide Albert Combrink en Louise Howlett is bekend vir hul optredes in verskillende musiekgenres. Vir hierdie laserskyf fokus hulle op ballades en klassieke jazz nommers, wat hulle herwerk he tom ‘n nuwe gamaksluister ervaring te skep. Dis ‘n Engelse album – met ‘n tikkie Frans! Die punt is om die storie van elke lied te vertel met eerlikheid en skoonheid.

Die album is die produk van Albert Combrink en Louise Howlett se 4-jaar lange konsert vennootskap.Hulle het alreeds by sulke uiteenlopende geleenthede opgetree as die Kirstenbosch Klassieke Kamermusiek Reeks en die Big Blues Festival. Hulle het reeds uitverkoopte optredes gehou by die Baxter Teater en die Greyton Roses Fees. In 2011 gaan hulle deel maak van die Endler Konsert Reeks plus ‘n welkom terugkeer na die Baxter Teater.

Albert Combrink is ‘n bekende begeleier en repetiteur en is ook lid van die CT Tango Ensemble. Buiten opnames van klassieke musiek het hy reeds 2 Tango CD’s verygestel: El Tango en Africa en Tango Club.

Louise Howlett het by die Kirstenbosch Millennium Konsert saam met the Kaapstadse Filharmoniese Orkes opgetree en het haar eerste CD Your Song in 2005 opgeneem. Sy is ook ‘n gereelde radiopersoonlikheid en bied haar program For the love of Opera aan op FMR. Sy is ook die algemene bestuurder van die Cape Town Concert Series.

Night Sessions sal te koop wees by die bekendstellings konserte teen die spesiale openings-prys van R100. Vir beide locale open die kroeg en restaurant vanaf 7 uur, en die optredes begin om 8.30 nm. Vir tafel besprekings en verdere informasie kontak: 021 423 5699 vir die Kaapstad Bekendstelling by die Alliance Française; en 021 979 1911 vir Die Boer in Durbanville.

Luister na snitte van die CD HIER

Albert Combrink: albertcombrink@worldonline.co.za

Sel: 082 365 6634

Louise Howlett: singing-lady@hotmail.com

Sel: 084 682 1337

Geskenk pakkies vir VIP en Pers verteenwoordigers vrygewig geborg deur Eugene Vorster van Yum Factor Marketing & Distribution wat ongelooflike koffie produkte in Robertson vervaardig.

Kontak Eugene vir meer inligting.